Rododendron of viooltjie? Albatros of sysie?
VivA Afrikaans-joernaal - En podcast av Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) - Onsdagar

Kategorier:
Rododendron of viooltjie? Albatros of sysie? (Jana Luther) In twee vorige podsendings het ek oor klankekspressie gesels: klanknabootsing, of onomatopee; en klankskildering. ’n Derde vorm van klankuitdrukking, wat minder duidelik as onomatopee en klankskildering is, en waaroor hierdie laaste aflewering in dié reeks handel, is klanksimboliek. Om klanksimboliek, soos dit byvoorbeeld in ’n gedig voorkom, noukeurig te omskryf, is moeliker. ’n Mens moet ook versigtig wees om jou dit nie te verbeel nie!